|
Baie welkom by Kakkerlak!
Alhoewel die Kakkerlak-tydskrif gestaak is, is ons nog aktief betrokke om boeke tot op jou voorstoep te bring! Anders as wat ons naam sê, gee ons egter nie boeke uit nie, maar hoop om binnekort 'n afdeling te hê, waar kliënte kontakbesonderhede van uitgewers, drukkers, proeflesers en enigiemand wat met "boekemaak" te doen het, kan verkry... Hou die INLIGTINGSBLAD dop!
Neem vrymoedigheid om my te skakel indien jy op soek is na 'n boek en nie self tyd het om dit op te spoor nie. Dis mos my kos!
Die Kakkerlak tydskrif van 8 uitgawes is beskikbaar (nie teen 'n belaglike R80 of R100 stuks nie soos elders op die internet nie), maar steeds net vir R20 per uitgawe (sonder posgeld). Kyk onder BESTEL KAKKERLAK.
|