RESENSIE


Suid-Afrika... Gulag Archipelago???  “ Forced Labour camp” / Ludolf du Toit

Datum: 2007
Prys: R130 in die winkels/R120 op bestelling by outeur, posgeld ingesluit.

My idee met die onderwerp, geweldsmisdaad in Suid-Afrika, was nie om net nóg ‘n boek te skryf wat op misdaadstatistiek en gevallestudies fokus nie. Ek wil potensiële slagoffers inspireer en met relevante kennis bemagtig om teen brutaliteit op te staan, hul selfhandhawingsdrang te herontdek en te oorleef – so nie kan hulle onder die druk van die geweldenaar en die stelsel wat geweld en brutaliteit akkommodeer, knak.

Soos alle “gewone” mense wat basiese waardes handhaaf, vind ek die heersende klimaat van wetteloosheid en brutaliteit in hierdie geweldgeteisterde land van ons, verwerplik.

Om dié geweldskwessie beter te verstaan het ek ‘n analitiese en metodiese benadering gevolg deur die onderskeie rolspelers, nl. die instrument, die slagoffer, die geweldenaar, die regstelsel en die politieke stelsel te onteed.

‘n Uiters belangrike punt wat deurgaans gehandhaaf en bevestig word, is dat dit NIE vuurwapens of vuurwapendiefstal as sodanig is wat tot barbaarse moorde op onskuldige en weerlose slagoffers lei soos regeringspropaganda dit wil hê nie.

Onderwerpe soos kwesbaarheid, teikensekerheid, die veg- of vlugopsie, persoonlike sekuriteitsmaatreëls, plaassekuriteit en kapings, wanneer mag ek skiet (volgens wetlike voorskrifte), menslike gedrag, die polisie se posisie met betrekking tot misdaad, misdaadbekampingstrategie en die evaluering van misdaadstatistiek, ens.  Die “aanvalsituasie“ word breedvoerig bespreek.  Klem word veral ook gelê op huisaanvalle.  Voorts word plaassekuriteit holisties benader.

My bona fides met die boek is suiwer… ek identifiseer die probleem; verskaf die redes vir die verval van wet en orde en gee my mening vir ‘n oplossing. Ek verwerp polities korrekte benaderings, ruggraatloosheid en swak beleidsrigtings. Die regering is die grootste rolspeler en ongelukkig die enigste wat hierdie misdaadspiraal kan omswaai.

Congratulations on a tremendous work. Great research and very appropriate quotes from Alexander Solzhenitzyn and others.”  - Dr. P. Hammond - Frontline Fellowship (per e-pos)
“ Mnr. Du Toit. Baie dankie vir u boek. Dit is seker die mees informatiewe leesstof wat bestaan! Groete, Marlene. Benoni.” (Per sms ontvang)
Vir meer inligting of om die boek te bestel, kontak vir L. du Toit by 083 287 6968, of per e‑pos by sherrif@lantic.net. Die boek is ook beskikbaar by Protea-boekwinkels, Bargain books, PNA, Fascination books, Radio Pretoria., privaat boekwinkels in Groblersdal, Nylstroom en Naboomspruit, asook by wapenhandelaars op Brits, Thabazimbi en ander.

 

 

Webblad deur Webmeester.co.za